Tweeling (sterreteken)

Tweeling (Gemini)
Die astrologiese simbool van die Tweeling

Die Tweeling (Lat: Gemini) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 21 Mei en 21 Junie gebore is. Dit is die derde teken van die Diereriem.

Die Tweeling is een van die drie lugtekens en een van die vier beweeglike tekens. Dis ’n manlike, positiewe, ekstroverte teken en is vergelykbaar met die Perd van die Chinese Diereriem.[1] Die tradisionele heerser van die Tweeling is Mercurius.

Tweelinge kom volgens die astrologie goed oor die weg met Waterdraers en Weegskale.

  1. Theodora Lau, The Handbook of Chinese Horoscopes, pxxvii, Souvenir Press, Londen, 2005

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search